Bible Society of South Africa

Adam

Adam is die man wat saam met Eva die eerste mensepaar vorm wat in die Bybel genoem word. Adam is die voorvader van die mensdom. Adam en Eva leef in die tuin van Eden totdat God hulle wegstuur. Saam is hulle die ouers van Kain, Abel en Set.

Die naam Adam

Die naam Adam beteken “mens” of “man”. Sy naam klink baie soos die Hebreeuse woord vir “aarde” of “grond” of “aardbodem”. Mens kan van sy naam aflei dat Adam uit die stof van die aarde gemaak is (Genesis 2:7). Adam word altyd aangespreek as “mens”. Eers wanneer hy uit die paradys verdryf word saam met Eva, word hy Adam genoem (Genesis 4:25).

In die tuin van Eden

Adam word die taak opgelê om die tuin van Eden, die paradys, te bewerk en op te pas (Genesis 2:15). Hy is alleen terwyl hy dit doen, en God sien dat dit nie goed is nie. Adam vind ook niemand onder die diere wat by hom pas nie.


Daarom laat God ʼn diep slaap oor Adam kom. Hy bou ʼn vrou uit Adam se ribbebeen (Genesis 2:22). Hierdie vrou is Adam se gelyke en hy herken homself in haar.

Uit die tuin van Eden

Adam en Eva word nie toegelaat om van die vrugte van die boom in die middel van die tuin te eet nie. Toe hulle wel daarvan eet, omdat die slang Eva verlei om dit te doen, kom hulle agter dat hulle kaal is. Hulle kruip vir God weg, maar Hy ontbied hulle na Hom toe.


God vra die man of hy enigiets van die boom geëet het. Adam sê dat hy geëet het, maar blameer die vrou. Op haar beurt blameer die vrou die slang wat haar verlei het (Genesis 3:11-13). As straf moet hulle die tuin van Eden verlaat en sal Adam in die toekoms hard moet werk om kos te voorsien om te eet. 

Nakomelinge

Buitekant die tuin kry Adam en Eva twee seuns, Kain en Abel. Maar Kain slaan sy broer Abel dood. Wanneer Adam 130 jaar oud is, het hy en Eva nog ʼn seun, Set (Genesis 5:3).


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS