Bible Society of South Africa

Abel

Abel is die tweede seun van Adam en Eva en die broer van Kain. Abel word deur sy broer Kain vermoor, maar God merk die bloed van Abel op. Die bloed van Abel verwys in die Nuwe Testament na regverdige mense wat gesterf het alhoewel hulle onskuldig is.

Die naam Abel

Die naam Abel beteken “ligte briesie”. Abel is die tweede seun van Adam en Eva, en die jonger broer van Kain.

Abel en Kain

Abel is ʼn veeboer. Hy bring ʼn offer aan God. Hiervoor kies hy die beste dier uit sy kudde. God neem Abel se offer aan, maar nie dié van sy broer Kain nie. Kain word daarom kwaad vir Abel en maak hom dood. Die bloed van Abel word deur die aarde opgeslurp, maar God hoor dit en roep sy broer Kain tot verantwoording (Genesis 4:10).

ʼn Leë plek

Abel laat ʼn leë plek agter by sy moeder Eva. Toe sy jonger broer Set gebore word, sien Eva Set as die seun wat God aan haar gee in Abel se plek.

Die bloed van Abel

Die Nuwe Testament verwys op verskeie plekke na die “bloed van Abel” (Matteus 23:35; Lukas 11:51; Hebreërs 12:24). Die bloed van Abel is die simbool vir al die regverdige mense uit die Ou Testament wat gesterf het alhoewel hulle onskuldig was.


Die dood van Abel word dikwels deur kunstenaars gebruik om na die dood van Jesus te verwys. 


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS