Bible Society of South Africa

1 Petrus: Struktuur

Die eerste brief van Petrus is ’n brief wat met groot omsigtigheid onder die naam van die apostel Petrus geskryf is.

Opsomming van die inhoud

Die brief het ’n versigtig saamgestelde raamwerk, waarin die skrywer sy lesers (1 Petrus 1:1-2) groet en weer van hulle afskeid neem (1 Petrus 5:12-14).
Tussen die begin en die einde moedig die skrywer hulle aan om ’n voorbeeldige “heilige” lewe te lei. Hy verskaf ook redes om dit in die praktyk te doen, ten spyte van die diskriminasie en bespotting waaraan die Christene blootgestel is.

Struktuur

 1:1-2  Afsenders, geadresseerdes en groeteboodskap
 1:3 – 2:10  Die volk van God
 2:11 – 3:12  Lewe te midde van ongelowiges
 3:13 – 4:19  Om te ly, soos Christus
 5:1-11  Finale brokkies raad
 5:12-14  Afsluiting van die brief
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS