Bible Society of South Africa

1 Petrus: Outeurskap en datering

Die eerste brief van Petrus is waarskynlik teen die einde van die eerste eeu n.C. deur ’n volgeling van die apostel Petrus geskryf.

Outeurskap

Die brief word toegeskryf aan die apostel Petrus, maar die juistheid van die bewering word betwis. Baie geleerdes meen dat die brief deur volgelinge van Petrus geskryf is, wat sy naam gebruik het om hulle idees oor te dra.

Datering

Dit is nie bekend wanneer die brief geskryf is nie. Die meeste Bybelgeleerdes aanvaar dat die brief tussen 65 en 90 n.C. geskryf is. Opmerkings in die brief wat verwys na ’n tydperk toe mense “God nog nie geken het nie” (1 Petrus 1:14) of na ’n vroeëre “duisternis” (1 Petrus 2:9), dui daarop dat dit veral eerstegeslag Christene is wat aangespreek word.

Verwante Bybelgedeeltes

1 PETRUS 1.14 1 PETRUS 2.9

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS