Bible Society of South Africa

2 Samuel

2 Samuel begin direk na die einde van 1 Samuel. Albei boeke vorm ʼn aaneenlopende verhaal, maar in Bybels word dit altyd oor twee boeke versprei. Die verhaal word selfs verder in 1 Konings en 2 Konings voortgesit. In 2 Samuel is die koningskap van Dawid die sentrale tema.

Titel van die boek

2 Samuel het sy naam te danke aan een van die hoofkarakters, die profeet Samuel. Hy was die laaste persoon om Israel as ʼn rigter te lei. Op hierdie manier toon hy die oorgang aan van die rigtertydperk na dié van die konings.

Inhoud

2 Samuel is die verhaal van Dawid. Hy word eers koning oor Juda en dan van die hele volk Israel.


Dawid word beskryf as ʼn man met sterk geloof en groot toewyding aan God, en as ʼn koning wat geweet het hoe om die harte van sy volk te wen. Daar is egter ook ʼn negatiewe kant aan sy karakter. Hy is bereid om vreeslike dinge te doen om sy eie drange te bevredig en sy eie doelwitte te bereik.

Styl

Die verhale in 1 en 2 Samuel is ʼn kombinasie van vertelkuns en geskiedskrywing. Dit kan gesien word as ʼn hoogtepunt in bybelse literatuur.


Die ondervindings van die verskillende karakters word in verskeie tonele aangebied en met mekaar gekontrasteer. ʼn Groot deel van die storielyn ontwikkel in lewendige, lewensgetroue dialoë. 


Anders as by 1 en 2 Konings, word byna geen kommentaar op gebeure deur die verteller gelewer nie. Dit word aan die lesers oorgelaat om hulle eie oordeel te vel. 


Die verhale word afgewissel met liedere, gebede en lyste. 

Posisie in die Bybel

Op grond van hul historiese inhoud word 1 en 2 Samuel gereken as historiese boeke.


In die Hebreeuse Bybel, die Tanag, word 1 en 2 Samuel saam met die Vroeë Profete en saam met Josua, Rigters, 1 Konings en 2 Konings geplaas. In hierdie boeke lees ons hoe die Israeliete besit neem van die land Kanaän en hulleself daar vestig. Profete herinner die volk aan die wet van Moses en waarsku hulle teen die verbreking van die gebooie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS