Bible Society of South Africa

2 Konings: Struktuur

2 Konings bevat die voortsetting van die historiese weergawes omtrent die koninkryke van Israel en Juda. Dit kan hoofsaaklik in twee afdelings verdeel word:

  • die geskiedenis van Israel en Juda tot by die val van Samaria; 
  • die geskiedenis van Juda.

Die verdeelde koninkryk

Die eerste deel van hierdie boek (2 Konings 1 – 17) vertel die geskiedenis van albei koninkryke. Dit begin met die regering van koning Ahasia van Israel in die middel van die negende eeu v.C., en dit eindig met die verowering van die hoofstad Samaria in 722 v.C. Die meerderheid van die inwoners is weggevoer.

Die koninkryk van Juda

Die tweede deel (2 Konings 18 – 25) bied die verhaal van die koninkryk van Juda aan. Dit begin met die verval van die koninkryk van Israel en eindig met die verwoesting van Jerusalem deur Nebukadnesar, die koning van Babel, in 587 v.C.


Die verwoesting van die tempel in Jerusalem en die begin van die Babiloniese ballingskap vorm ʼn groot keerpunt in die geskiedenis van die volk Israel.

Vaste patroon

Die verskeie konings word beskryf volgens ʼn vaste patroon. Die volgende punte word altyd vermeld:

  • die begin en die duur van hulle regering; 
  • die stad waarvandaan die koning regeer het;  
  • ʼn teologiese beoordeling van die koningskap; 
  • ʼn verwysing na die kronieke; 
  • die aankondiging van die dood van die koning en die benaming van sy opvolger. 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS