Bible Society of South Africa

Belastings in die Nuwe Testament

Twee soorte belasting word in die Nuwe testament vermeld:

  • belastings wat aan die tempel betaal moet word;
  • belastings wat aan die keiser betaal moet word.

Tempelbelasting

Die bedrag wat aan die tempel betaalbaar was, was ʼn dubbeldragme (of: didragme) per persoon per jaar. Dit is dieselfde as twee denarii. Die tempelbelasting is aangewend vir die instandhouding van die tempel en om te betaal vir al die offers wat die priesters moes bring.

Belastings betaalbaar aan die keiser

Die ander vorm van belasting wat in die Nuwe Testament vermeld word, is die belasting aan die keiser. Die bedrag van die belasting wat betaalbaar was, is nie bekend nie.


Daar was ʼn verskil tussen Romeinse burgers en mense wat nie Romeinse burgers was nie. Die eersgenoemde groep is van sekere soorte belasting kwytgeskeld.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS