Bible Society of South Africa

Esseners

Die Esseners kom nie as sulks in die Bybel voor nie, maar hulle is om verskeie redes belangrik vir die lesers van die Bybel. In die tyd van Jesus en Paulus het die Esseners ʼn groot invloed gehad. Die kennis van die Esseners:

  • gee ʼn meer volledige prentjie van Judaïsme van daardie tyd;
  • help ons om die wêreld van die Nuwe Testament beter te verstaan.

Wêreldbeskouing

Die Esseners het hulle eie idees gehad oor hoe God wou hê hulle moes lewe. Die Esseners het die meeste van Jode verskil oor:

  • die deel van hulle besittings;
  • ʼn voorkeur vir ʼn selibate leefstyl;
  • die sentrale plek van die begrippe “lig” en “duisternis” in hulle teologie: die mensdom het bestaan uit “kinders van die lig” en die “kinders van die duisternis”;
  • ʼn radikale siening van die Sabbat en reinheidsreëls;
  • geloof in die invloed van duister geeste en engele;
  • die 364-dag-sonkalender waarin geen fees op ʼn sabbat geval het nie.

Sosiale status

Die oorsprong van die Esseners gaan waarskynlik terug na die priesterlike aristokrasie van die Hasmonese koninkryk. So sou ʼn deel van die Esseners vanuit die hoë sosiale klas gekom het, alhoewel die samestelling van die Essenegroep sekerlik mettertyd sou verander het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS