Ek was goed vir hulle
1Die Here het gesê:
“Toe Israel 'n jong seun was,
was Ek lief vir hom.
Ek het my seun uit Egipte geroep.
2Ek het die mense
van Israel geroep,
maar hulle het weggegaan van My.
Hulle het vir die Baäls gaan offer,
hulle het vir beelde offers gebring.
3Dit was Ék wat vir Efraim
geleer het om te loop.
Ek het hulle in my arms gedra,
maar hulle het nie onthou
dat dit Ek is
wat hulle gesond maak nie.
4Ek was goed vir hulle,
Ek was lief vir hulle.
Ek het hulle gedra
soos 'n mens 'n baba dra,
Ek het gebuk en vir hulle kos gegee.
5Ek wou nie hê
hulle moet teruggaan
na Egipte nie,
en Ek wou nie hê
die koning van Assirië
moet oor hulle regeer nie.
Maar hulle wou nie terugkom
na My toe nie.
6Daarom sal die vyande
die mense doodmaak
binne-in die stede.
Die vyande sal die poorte oopbreek
en hulle sal die raadgewers
van die koning doodmaak.”
Ek wil julle nie laat gaan nie
7Die Here het gesê:
“My volk het vas besluit
om My nie meer te dien nie.
Hulle vra vir 'n afgod
om hulle te help,
maar hy kan hulle nie optel
en help nie.
8Maar Ek wil julle
nie laat gaan nie,
mense van Efraim!
En mense van Israel,
Ek wil julle nie
vir 'n ander god gee nie!
Ek wil julle nie laat gaan
soos Ek by die stad Adma
gedoen het nie.
Ek wil nie met julle doen
soos Ek met die stad Seboïm
gedoen het nie.
My hart is seer,
Ek is baie jammer vir julle.
9Ek is kwaad,
maar Ek sal nie die mense
van Efraim doodmaak nie,
want Ek is God,
Ek is nie 'n mens nie.
Ek is die heilige God
wat by jou is.
Ek sal nie kwaad wees
wanneer Ek kom nie.
10Die mense sal die Here volg.
Die Here sal brul soos 'n leeu,
ja, Hy sal brul,
en sy kinders sal bewe
en na Hom toe kom.
Hulle sal kom uit die weste,
11hulle sal soos voëls bewe
en hulle sal uit die land Egipte kom,
hulle sal kom soos duiwe
uit die land Assirië.
Ja, Ek sal hulle terugbring
na hulle huise.”
Die Here sê dit.