Bible Society of South Africa

Word jy bedreig deur gesinsgeweld? – Dag 4

Glo dat God jou liefhet

Bybelteks(te)

ROMEINE 8

15Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. 16Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.

ROMEINE 8:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

ROMEINE 8

38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

ROMEINE 8:38-39AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jy is ʼn geliefde kind van God wat nie verdien om mishandel te word nie.

Julle het immers nie ʼn Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is.

Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS