Bible Society of South Africa

Word jy bedreig deur gesinsgeweld? – Dag 1

Die Bybel keur mishandeling nie goed nie

Bybelteks(te)

MATTEUS 20

28So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

MATTEUS 20:28AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 KORINTIËRS 7

23Julle is vrygekoop en die prys is betaal; moet dan nie slawe van mense wees nie.

1 KORINTIËRS 7:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 KORINTIËRS 3

16Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? 17As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.

1 KORINTIËRS 3:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus het na die aarde toe gekom om mense uit slawerny te bevry. Hy bring ʼn nuwe bestel waar elke mens – man, vrou en kind – die reg het om met menswaardigheid behandel te word.

“Net so het die Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee.”

Julle is duur gekoop; moenie langer slawe van mense wees nie.

Weet julle nie dat julle ʼn tempel van God is, en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skade aandoen, sal God hom skade aandoen; want die tempel van God is heilig, en dié tempel is julle.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS