Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 22

Ons Here Jesus kom gou

Bybelteks(te)

ROMEINE 15

13Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

ROMEINE 15:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 14

3En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

JOHANNES 14:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

HANDELINGE 1

7Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.

HANDELINGE 1:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 KORINTIËRS 13

13En nou:

geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.

En die grootste hiervan is

die liefde!

1 KORINTIËRS 13:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

GENESIS 1

31Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.

GENESIS 1:31AFR83Maak oop in die Bybelleser

DIE OPENBARING 22

20Hy wat dit alles getuig, sê:

“Ja, Ek kom gou!”

Amen! Kom, Here Jesus!

DIE OPENBARING 22:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Sedert Jesus se hemelvaart sien Christene met verwagting uit na sy wederkoms. Sommige Christene word ongelukkig van tyd tot tyd mislei deur mense wat die datum van Jesus se wederkoms voorspel.

Daar was al gevalle waar vals profete en hulle volgelinge vergader het in afwagting vir hierdie dag – en dan word hulle teleurgestel wanneer Jesus nie op die dag wat hulle voorspel het kom nie.

Jesus kom weer. Sy belofte is seker: “En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14:3). Diegene wat egter sê dat hulle weet wanneer Jesus weer gaan kom en ʼn datum voorspel is verkeerd want Jesus self het gesê: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie” (Handelinge 1:7).

In ons vers vir vandag word God beskryf as “die bron van hoop”. Hierdie beskrywing van God kom nêrens anders in die Bybel voor nie. Hoop, saam met geloof en liefde, bly een van die drie permanente genadegawes waarmee Christene geseën word (1 Korintiërs 13:13).

God het die hemel en die aarde geskep en toe het Hy gekyk na alles wat Hy gemaak het en dit was baie goed (Genesis 1:31). Toe sonde die wêreld binnegekom het, het dinge egter vreeslik verkeerd begin loop. Sedert daardie tyd is ons sondige skepping in totale wanorde.

Christene is nie immuun teen dit wat rondom ons gebeur nie. Soms is ons eie lewens ʼn deurmekaarspul, veral wanneer ons drome en hoop verydel word. Soms word ons hoop bewaarheid, maar soms word ons diep teleurgestel en verval ons in depressie. Ons moet egter nie moed verloor nie. God is die bron van al ons hoop.

Dit het Christus sy lewe aan die kruis gekos om ons uit ʼn hopelose situasie te verlos en ons kan met blydskap en vreugde seker weet dat Hy weer kom.

Die laaste woorde wat Jesus in die Bybel sê is: “Ja, Ek kom gou!” (Openbaring 22:20b). Ons kan saam met alle Christene sedert sy hemelvaart in hoopvolle verwagting daarop antwoord: “Amen! Kom, Here Jesus!”

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS