Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 1

Werk vir Jesus

Bybelteks(te)

KOLOSSENSE 3

23Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

KOLOSSENSE 3:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

LUKAS 5

5“Meneer,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi.”

6En toe hulle dit doen, het hulle so 'n groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur.

GALASIËRS 5

15Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.

GALASIËRS 5:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

John F. Kennedy is op 20 Januarie 1961 as die president van die Verenigde State van Amerika ingehuldig. Hy sal vir altyd onthou word vir hierdie kragtige woorde in sy inhuldigingstoespraak: “Moenie vra wat jou land vir jou kan doen nie; vra wat jy vir jou land kan doen.”

Waarom pas jy dit nie toe op jou eie situasie nie?

“Moenie vra wat jou werkgewer vir jou kan doen nie, vra wat jy vir jou werkgewer kan doen.”

In ons Bybelvers lees ons dat dit nie saak maak wat ons doen nie, maar wel hoe ons dit doen. Anders gestel – ons moet alles wat ons doen van harte doen.

Dit is nie altyd moontlik om gemotiveerd en entoesiasties te bly en om al die probleme en stres wat met jou werk gepaardgaan te hanteer nie. Simon (Petrus) het dieselfde frustrasies beleef.

“ ‘Meneer,’ antwoord Simon, ‘ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi’. En toe hulle dit doen, het hulle so ʼn groot klomp vis gevang dat hulle nette wou skeur” (Lukas 5:5-6).

Ons kan iets hieruit leer. Selfs wanneer ons hard werk en geen sukses behaal nie, moet ons steeds volhard – ons moet die nette weer uitgooi! Ons moet uithou en aanhou.

Paulus het selfs ʼn waarskuwing gerig aan diegene wat hulle oorgee aan kantoorpolitiek: “Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie” (Galasiërs 5:15).

As Christene moet ons egter onthou dat dit nie saak maak hoe moeilik ons werksomstandighede soms is nie want uiteindelik werk ons nie vir mense nie, maar vir die Here – en ons God is aan niemand iets verskuldig nie.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS