Bible Society of South Africa

Genade: Jou lewe vir iemand anders aflê – 14 November 2022

Deur Louise Gevers

Bybelteks(te)

JOHANNES 15

12Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

JOHANNES 15:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Elke jaar, op die 11de dag van die 11de maand om 11:00 word Wapenstilstanddag in baie lande regoor die wêreld herdenk. Wêreldoorlog I is op hierdie dag in 1918 beïndig, en daar word jaarliks ‘n twee-minuut-stilte waargeneem ter herinnering aan diegene wat in die eerste Wêreldoorlog geveg en hulle lewens afgelê het in die “oorlog om alle oorloë te beïndig”.

In baie lande is hierdie herdenking uitgebrei om diegene wat sedert 1918 in oorloë geveg het in te sluit en alle helde met trots en hartseer te onthou.

Ek onthou ‘n baie eenvoudige Herinneringsdiens wat ek bygewoon het. Dit is deur ‘n voormalige loods van die Lugmag waargeneem. Hy het op ‘n nederige manier sy gevalle kamerade vereer. Die diens is afgesluit met die blaas van die “Last Post” en toe die Reveille gevolg met die woorde van hierdie aangrypende gebed: “They shall not grow old as we that are left grow old. Age shall not weary them, nor the years condemn. At the going down of the sun and in the morning, we will remember them.”

Herdenking is maar ‘n geringe manier om diegene te vereer wat hulle lewens onbaatsugtug ter wille van ander opgeoffer het. So word hulle opofferings herdenk, en verseker ons dat hulle vereer en nie vergeet word nie.

Jesus self het voordat Hy aan die kruis gesterf het, en baie jare voor Wêreldoorlog I, ‘n herdenkingsdiens vir sy volgelinge ingestel. Wat Hy ingestel het, was ‘n liefdesdaad, die deel van sy liggaam en bloed. Sy dissipels sou dit onthou as die laaste maaltyd wat Hy met hulle gedeel het en ‘n herinnering aan dit wat hulle weer met Hom sal deel in die koninkryk van die hemel, waarvan Hy gesê het: “Ek gaan om vir julle plek gereed te maak’. (Johannes 14:2)

Tydens hierdie spesiale maaltyd het Jesus geweet dat “die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan.” (Johannes 13:1) Hy was ook deeglik bewus van die stryd wat die duiwel reeds in Judas gevoer het, en van die onenigheid tussen sy volgelinge oor “wie van hulle as die belangrikste beskou moet word”. (Lukas 22:24) Hy het ook geweet dat die kruis op Hom gewag het, “dat Hy van God gekom het en na God teruggaan”. (Johannes 13:3)

Ten spyte daarvan dat Hy geweet het God het alle mag aan Hom gegee, het Jesus Homself verneder en sy dissipels se voete gewas om sy liefde aan hulle te bewys. Jesus was gereed om die sonde van die wêreld op Hom te neem, te sterf, op te staan en vir diegene vir wie Hy lief is, die dood te oorwin.

Twee duisend jaar later, onthou ons soldate wat in navolging van sy voorbeeld ook hulle lewens ter wille van ander afgelê het.

Gebed: Here Jesus, dankie vir u verstommende voorbeeld van liefde en genade. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS