Bible Society of South Africa

Die vraag is: Wat is fout Hagar? – 6 Julie 2022

Deur Louise Gevers

Bybelteks(te)

GENESIS 21

17God het die kind hoor huil, en die Engel van God het uit die hemel na Hagar geroep en vir haar gesê: “Wat is dit, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die kind daar waar hy lê, gehoor.

GENESIS 21:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wanneer ons swaarkry as gevolg van omstandighede wat ons dikwels self veroorsaak het, voel ons soms desperaat, eensaam en verwerp en dink dat daar geen manier is wat ons die pyn kan ontsnap nie. Hagar het so gevoel. Sy het gedink dat die dood onvermydelik was vir haar en haar seun, maar toe sy op haar desperaatste was, het hulp gekom.

Vandag se teks praat met enigiemand wat twyfel of God van ons pyn weet en dit raaksien, en of Hy vir almal omgee. Hierdie toneel in die woestyn vertel van God wat uit die hemel roep na ‘n Egiptiese diensmeisie omdat Hy haar seun hoor huil. Die kind was gedehidreer en die dood het nader gekruip. Hagar het weg beweeg want sy wou nie sy dood aanskou nie. Gee God om?

“God het die seun se gehuil gehoor. … Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie …”

God roep Hagar by die naam. Hy ken haar en het haar reeds voorheen gehelp. Hy gee om vir haar in haar komplekse situasie en Hy verseker haar dat Ismael nie sou sterf nie. “Staan op, tel die seun op en hou hom styf vas, want tot ‘n groot nasie wil Ek hom maak. God maak toe haar oë oop, en sy sien ‘n put! … ” (Genesis 21:18-19)

Gee God om?

Ismael is net gebore omdat Abraham en Sara God wou “help” om sy belofte aan Abram te vervul: “Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom. … ” (Genesis 17:6-7) Toe Sara steeds nie swanger raak nie het sy en Abraham haar diensmeisie gebruik om ‘n kind te verwek, algeme praktyk in daardie tyd, maar dikwels baie moeilik vir al die betrokkenes.

Wat familieprobleme betref, is dit selde net een persoon wat die blaam moet dra. Die kompleksiteit van die saak en die verskillende persoonlikhede maak die situasie dikwels nog moeiliker en almal word betrek. Dit lei tot jaloesie, misverstand en onenigheid, wat ook hier die geval was. Hagar het swanger geraak, maar toe het sy met die onvrugbare Sara gespot. Sara, op haar beurt, het Abraham geblameer vir die probleem, en hy het bloot homself regverdig en geweier om geïmpliseer te word! (Genesis 16:4-6)

Hagar het toe weggehardloop omdat Sara haar as gevolg van haar gedrag sleg behandel het, maar hierdie keer is sy deur Abraham, op bevel van Sara, verban omdat tydens ‘n feesmaal vir Isak, Ismael spottend vir hom gelag het. Sara kon duidelik die omstandighede nie langer duld nie. Hagar en Ismael sou in die woestyn gesterf het, was dit nie vir God nie. Die brood en die sak water wat Abraham vir haar gegee het, was maar van min hulp en selfs minder vertroosting.

God is die enigste Een wat ons uit enige situasie kan red – Hy kan ons selfs van ons self red. Hy gee om vir ons, wie ons ook al is en ongeag van wat ons gedoen het. Waar ons ook al is, Hy hoor wanneer ons roep en deur sy krag kan Hy red. Vertrou op die enigste Held.

Waar is jy vandag?

Gebed: HERE, hoor tog my gebed en gee tog aandag aan my smeekgebede. In die tyd van my nood roep ek na U, want U antwoord my. Daar is niemand soos U onder die gode nie, my Heer, en niks soos u werke nie. … Want groot is U en U doen wonders; U alleen is God. Leer my u pad, HERE; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê. My Heer, my God, ek wil U prys met my hele hart; … want u troue liefde teenoor my is groot … ” (Psalm 85:6-13) Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS