Bible Society of South Africa

Vers-'n-dag - 27 Oktober 2024

Bybelteks(te)

PSALMS 103

2Ek wil die Here loof

en nie een van sy weldade vergeet nie.

3Dit is Hy wat al my sonde vergewe,

wat al my siekte genees,

4wat my red van die graf

en my met liefde en ontferming kroon,

5wat my die goeie in oorvloed laat geniet,

my die jeugdige krag van die arend skenk.

PSALMS 103:2-5AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS