Bible Society of South Africa

Twee en twintig mense in die Bybel wat geduldiger as ons was: Rebekka - 18 Augustus 2023

Deur Xanthe Hancox

Bybelteks(te)

60Hulle het vir Rebekka met seënwense gegroet en vir haar gesê:

“Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word,

mag hulle die stede van hulle vyande verower!”

GENESIS 24:60AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die verhaal van Rebekka getuig van geduld, vaste geloof en die vervulling van God se beloftes. Toe sy die huis verlaat om met Isak te gaan trou, het Rebekka se broers haar geseën met die wens dat sy die moeder van menigte sou word.

Min het sy geweet dat sy vir twee dekades sou moes wag en God se plan vertrou, voordat sy moederskap sou smaak. Stel jou voor, hoe sy gevoel het toe sy, soos die tyd verbygaan, met haar kinderloosheid moes deel. In ‘n kultuur waar om kinders in die wêreld te bring baie belangrik was, is haar geduld en geloof uiters merkwaardig.

Twintig jaar van wag het nie Rebekka se geloof geblus nie, inteendeel dit het sterker geword. Haar onwrikbare geloof in God se belofte behoort ons vandag steeds te inspireer. Soos Rebekka, ondervind ons ook tye van wag en onsekerheid. In sulke tye is dit maklik om God se tydsberekening te bevraagteken en ongeduldig te raak. Rebekka se verhaal herinner ons egter daaraan dat God altyd aan die werk is, selfs wanneer die vervulling van sy plan langer neem as wat ons verwag het.

In Genesis 25:21 lees ons: “Isak het by die HERE gepleit ter wille van sy vrou, want sy was onvrugbaar. Die HERE het hom verhoor, en Rebekka, sy vrou, het swanger geword.” Hierdie vers beklemtoon die krag van gebed en hoe God luister wanneer sy kinders Hom aanroep. Rebekka se geduld en geloof en God se getrouheid, het mekaar hier gekruis.

Gebed: Genadige God, dankie vir die voorbeeld van Rebekka se geduld en geloof. Versterk ons geloof, Here, en help ons om u wil te soek en te wag vir u plan om te ontvou. Help ons om te vertrou dat, soos U u belofte aan Rebekka gestand gedoen het, U ook beloftes in ons lewens sal vervul. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS