Bible Society of South Africa

Oorlog en 'n liefdevolle God - 10 September 2024

Deur Imogen Campbell

Bybelteks(te)

PREDIKER 3

8'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,

'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.

PREDIKER 3:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

God het die duiwel uit die hemel verban nadat laasgenoemde besluit het om oorlog te voer teen alles wat mooi, rein en heilig is. Dit spreek vanself: ‘n heilige God kon nie net eenvoudig terugsit en dit toelaat nie. Ongelukkig is die mensdom hierin vasgevang.

En dit sal nie ophou tot met Jesus se wederkoms nie. Daar sal nog meer oorloë wees voordat daar uiteindelik vrede is. Tog wonder ‘n mens soms hoekom ‘n liefdevolle God soveel oorlog en bloedvergieting toelaat. Kan Hy nie maar net die duiwel vryspreek van alles met vrede as as ‘n neweproduk nie?

As dit maar so eenvoudig was. Satan is nie gewillig om sy sonde voor God te bely nie en God is nie gewillig om toe te laat dat ons almal verlore gaan nie. God het standpunt ingeneem en sy perke gestel. Vergifnis is nie die kwessie nie. Normaalweg het die een wat sukkel om te vergewe ‘n hart vol bitterheid en ‘n siel wat deur pyn vergiftig word.

Tog is God ‘n God van blydskap en die vrug van die gees is liefde, blydskap en vrede. Die een wat bitter, gegrief, wreed en gemeen is, is dieselfde een wat eenvoudig nie ophou sondig nie. Jesus beskryf hom as die vader van die leuen en van die begin af ‘n moordenaar. (Johannes 8:44)

Aan die einde van Julie het ‘n aanvaller ‘n aantal dogtertjies in Southport in die Verenigde Koninkryk (VK) met ‘n mes doodgesteek terwyl hulle in ‘n dansklas was. Mense het onmiddellik hulle stemme laat hoor teen so ‘n gruwelike daad. ‘n Oproep is gedoen om geweld teen die mees weerloses onder ons aan te spreek. Iets moes gedoen word …

John Atkinson skryf in sy boek “Indelible Connections” die volgende: “The Bible is best taught with two hands. On the one hand, a truth and on the other hand, another truth. … For instance, God is just, but he is simultaneously merciful. His justice does not act alone. If it did we would be without hope in this world.” [Die bybelse leer het twee kante. Aan die eenkant waarheid, en aan die anderkant ‘n ander waarheid … Byvoorbeeld, God is regverdig, maar Hy is terselfdertyd genadig. Hy tree nie net regverdig op nie. As dit die geval was, was ons sonder hoop in hierdie wêreld.] (vry vertaal)

Dwight Eisenhower stel dit soos volg: “Peace and justice are two sides of the same coin.” [Vrede en geregtigheid is twee kante van dieselfde muntstuk.] (vry vertaal)

Inderdaad, ons dien ‘n regverdige en liefdevolle God. En Hy het reeds die duiwel oorwin!

Gebed: Hemelse Vader, dankie vir u goedheid en liefde. Dankie dat U ons so liefhet dat U bereid was om u Seun te stuur om ons te red. Amen

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS