Bible Society of South Africa

Jesus kom weer - 21 Julie 2023

Deur Mims Turley

Bybelteks(te)

12Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.

DIE OPENBARING 22:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ben Fourie sluit laas maand sy Openbaring-reeks af met die woorde: “Wat kan ‘n mens meer oor die wederkoms wil weet of sê as – ek verwag ook dat Jesus weer sal kom en dat ek deel sal wees van die juigende skare.” Ek wil amper niks meer sê nie, maar die Bybel gee ons wel ‘n paar duidelike opdragte wat van ons verlang word terwyl ons wag.

Ons moet gereed wees. “Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie. “Onthou dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wag gehou het … Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.” (Matteus 24:42-44) Dit het my aan my skoonma laat dink. Sy het geglo as jy vanaand gaan slaap moet alles skoon en in hulle plek wees, “want”, het sy gesê: ” ‘n mens weet nie wie kan in die nag of môreoggend vroeg hier opdaag nie.”

Ons moet heilig leef. “Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar … terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. (Titus 2:11-13)

Ons moet hoopvol wees. In Romeine sê Paulus “egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie” en hy sê ook dat ons moet ons verheug “in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.” (Lees Romeine 5:1-5)

Ons moet behulpsaam wees. Lees 1 Tessalonisense 5:14-22 en bid dan saam met Paulus die gebed in verse 23-24, “Mag God, … julle volkome aan Hom toegewyd maak … dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!”

Gebed: Here Jesus, gee dat ons gereed sal wees vir wanneer U weer kom, heilig en hoopvol sal leef en dat ons tussen nou en u wederkoms ander van ons Verlosser sal vertel. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS