Bible Society of South Africa

Hy bring stabiliteit – 9 Februarie 2023

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

2Ek het gesmag na die hulp van die Here.

Hy het na my toe afgebuig

en my hulpgeroep gehoor.

3Hy het my uitgetrek uit die put van die dood,

uit die slymerige modder,

my op 'n rots laat staan

en my weer op vaste grond laat loop.

4Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê,

'n loflied vir ons God.

Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring,

hulle sal op die Here vertrou!

PSALMS 40:2-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die onlangse aardbewing in Turkye en Sirië het reeds tot gister 11 200 lewens geëis. Dít terwyl reddingswerkers in strawwe wintertoestande teen tyd spook om oorlewendes uit die puin van ineengestorte geboue te red. Sowat 5 775 geboue is in die aardbewing vernietig. Van die oorlewendes het al hulle besittings en familielede in die ramp verloor.

Soms voel ons lewens ook só. Alles tuimel ineen en hoe harder ons probeer om uit die onsigbare “gat” te kom, hoe dieper sak ons daarin weg. Dalk is jy vandag daar – met jou huwelik, finansies, gesondheid, kinders, noem dit.

Vir jou is daar hoop.

In Psalm 40:2-4 lees ons: “Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ‘n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gelê, ‘n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!” (1983-vertaling)
‭‭‬‬‬‬‬‬
God bring stabiliteit wanneer dit voel asof ons op dryfsand staan. Hy trek ons uit die “gat” en plaas ons voete op vaste grond om met ’n loflied die wêreld in die gesig te kyk. Kom ons raak ’n slag stil, draai na Hom en gee Hom ’n kans om sy grootheid aan ons te demonstreer. Sterkte.

Gebed: Vader God, baie dankie dat U in beheer is van my lewe en omstandighede. Help my asseblief vandag met (noem jou uitdaging). Bring asseblief ook stabiliteit in my lewe en vul my met vreugde. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS