Bible Society of South Africa

Donker dieptes: Wanneer dit voel of God ver is - 18 Oktober 2024

Deur Charlea Grey

Bybelteks(te)

PSALMS 34

19Die Here is naby die gebrokenes,

Hy help die moedeloses.

PSALMS 34:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dis maklik om vasgevang te word in ’n spiraal van negatiewe gedagtes. Dit is dikwels dan ook wat God baie ver kan voel.

Ja, mense draai dikwels na God wanneer dit swaar gaan en plaas hom weer op die agtergrond wanneer dinge goed gaan. Nie altyd nie, maar dit gebeur baie.

Tog is daar ook tye wanneer ’n mens kan voel of jou probleme jou verswelg. Dan kry negatiwiteit die oorhand. En soms kan dit so erg raak, dat jou geloof nie meer ’n prioriteit is nie. God kan dan so ver voel.

Ek dink nogal dis belangrik om jouself te herinner dat God daar is, al is dit donker en al kan jy Hom nie sien nie. Hy is by jou, al voel dit of jy nie meer sy stem kan hoor nie. God los ons nie. God voel dalk ver, maar dit beteken nie Hy is ver nie. Dis dikwels juis dan wanneer Hy jou styf vashou – jou dra.

Psalm 34 herinner ons dat God ook die mense red wat heeltemal moedeloos geword het. So, skep moed. God is by jou, al voel dit nie nou so nie. Jy sal sy stem weer hoor, luister net mooi.

Gebed: Baie dankie liewe Here dat ek kan weet U is altyd daar vir my, al voel dit nie so nie. Dankie dat u liefde my steeds omvou, selfs al voel dit vir my of ek ver van U af is. Amen

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS