Bible Society of South Africa

Begin nuut … en soek op die regte plek hulp – 23 Januarie 2023

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

15Roep My aan in die dag van benoudheid:

Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

PSALMS 50:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.

JEREMIA 33:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

55Ek het na U geroep, Here,

uit die dieptes uit.

56U het gehoor hoe ek smeek:

“Moet tog nie afsydig staan nie,

gee uitkoms en red my!”

57U het na my toe gekom toe ek geroep het,

U het gesê: “Moenie bang wees nie!”

KLAAGLIEDERE 3:55-57AFR83Maak oop in die Bybelleser

Sewe miljoen oproepe na die noodnommer, 10111 is oor die afgelope drie jaar nié beantwoord nie. Dié skokkende statistiek is onlangs deur die regering bekendgestel. Dit word toegeskryf aan die bykans 6 000 vakante poste wat gevul moet word.

Dit is kommerwekkend as ’n mens nie ’n noodnommer het wat jy in ’n noodsituasie kan skakel nie. Tog het ons goeie nuus. Ons God sluimer en slaap nooit nie. In Psalm 50:15 sê Hy: “Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” Ook in Jeremia 33:3 lees ons: “Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.” En in Klaagliedere 3:55,57 lees ons: “Ek het na U geroep, Here, uit die dieptes uit. … U het na my toe gekom toe ek geroep het, U het gesê: ‘Moenie bang wees nie!’” (1983-vertaling)

God is altyd beskikbaar om na ons te luister. Kom ons onthou dit. Sterkte.

Gebed: Vader God, baie dankie dat U nooit sluimer of slaap nie en dat ek in my nood na U kan kom. Help my vandag met (noem die situasie). Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS