Bible Society of South Africa

Antwooord vandag op God se roepstem - 14 Augustus 2024

Deur Xanthe Hancox

Bybelteks(te)

2 KORINTIËRS 6

2Hy sê:

“Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor,

en op die dag van redding het Ek jou gehelp.”

Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.

2 KORINTIËRS 6:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

In vandag se teksvers beklemtoon Paulus hoe dringend dit is om sonder enige oponthoud aan God se roepstem gehoor te gee. Hy haal aan uit Jesaja 49:8 en herinner ons aan God se belofte om na sy kinders te luister en hulle te help. Hy verklaar: “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.” Hierdie teksvers dwing ons om te besef hoe belangrik dit is om onmiddellik God se offer van verlossing aan te gryp en deur sy genade te leef.

Paulus doen ‘n beroep op die Korintiërs om nie God se genade tevergeefs te ontvang nie. Hy dring by hulle aan –en ook by ons – om nie ‘n antwoord op God se roepstem uit te stel nie. Die geleentheid om God se genade te aanvaar en in sy guns te leef, is nou beskikbaar.

In ‘n wêreld vol afleidings en hindernisse, is dit maklik om te dink ons het nog baie tyd om dinge met God reg te stel. Paulus se woorde ontnugter ‘n mens egter en laat jou besef dat die hede in werklikheid al tyd is wat ons het. Ons moet nie wag vir ‘n meer geriefliker tyd om ons tot God te bekeer en volgens sy wil te leef nie. Vandag is die dag om gered te word en heelhartig vir Hom te leef.

Vir baie van ons wat reeds lank Christene is, is dit maklik om te vergeet hoe belangrik is elke oomblik en geleentheid wat God ons gee om ons geloof uit te leef. Laat hierdie dringende saak ons motiveer om die evangelie te verkondig, ander te dien en in ons verhouding met God te groei. Mag ons geïnspireer word om vandag op God se roepstem te antwoord en, omdat ons weet dat nou ‘n tyd van genade is, elke oomblik tot sy eer te leef.

Gebed: Hemelse Vader, dankie vir u genade en die geskenk van verlossing. Help ons om te besef hoe dringend dit is om vandag aan u roepstem gehoor te gee. Indien daar areas in ons lewens is wat ons nog aan U moet oorgee, gee aan ons die moed om dit nou te doen. Help ons om elke dag doelgerig en met dringendheid u liefde en genade met diegene om ons te deel. In Jesus se Naam. Amen

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS