Bible Society of South Africa

Wat kan ons gee wat nie geld kos nie? – 4 Februarie 2021

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

HANDELINGE 3

7Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

HANDELINGE 3:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 15

13Maar Jesus antwoord: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal uitgetrek word. 14Laat staan hulle maar; hulle is blinde leiers van blindes. As 'n blinde 'n blinde lei, val altwee in die sloot.”

15Petrus sê toe vir Hom: “Verduidelik tog vir ons die beeldspraak.”

16“Verstaan ook julle dit nog nie?” antwoord Jesus.

MATTEUS 15:13-5:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wat kan ons gee vir iemand in nood as ons eie nood groot is?

Op pad na die tempel het Petrus en Johannes verby ’n verlamde bedelaar gestap. Aangesien die man van geboorte reeds verlam was, het hy dag na dag op dieselfde plek gesit en bedel om te oorleef. Toe die dissipels verbystap, het hulle gaan staan.

In stede van die man afjak of ignoreer, het Petrus hom in die oë gekyk met die woorde in Handelinge 3:7:”Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!” Die man se voete en enkels het onmiddellik sterk geword en toe Petrus hom optrek kon die man loop. Hy is saam met Petrus en Johannes die tempel in waar hy aangehou het om God se Naam groot te maak.

2021 is ’n uitdagende jaar vir baie van ons. Sommige benodig kruideniersware. Ander ’n werksgeleentheid. En nog ander smag na hoop om die depressie en angstigheid oor die toekoms te bowe te kom. In Matteus 5:13-16 gee Jesus raad oor hoe ons as gelowiges in dié tyd moet optree: “Julle is die sout vir die aarde … Julle is die lig vir die wêreld … Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Wat kan ons gee wat nie geld kos nie? Ons kan hoop uitdeel deur mekaar se geloof te stig in die wete dat God steeds in beheer van ons lewens is en dat sy beloftes vasstaan. En ons kan ’n gebed in geloof bid wat ’n geleentheid skep waarin ons God se krag en vermoë om wonderwerke te doen, laat manifesteer.

Kom ons leer van Petrus en Johannes. Kom ons word sout en lig vir die wêreld. Een gebed kan dalk ’n lewe ingrypend verander – nie omdat ons so wonderlik is nie, maar omdat ons ons geloof plaas in die Een wat steeds wonderwerke doen. Sterkte.

Gebed: Vader God, baie dankie vir alles wat U vir my gegee het. Help my asseblief om U lig te skyn in ander se lewens. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS