Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Verandering, Advent en Kersfees – Dag 8

Kry die Kersverhaal agtermekaar

Bybelteks(te)

JOHANNES 1

Die Woord het mens geword

1In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.

JOHANNES 1:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 1

14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

EKSODUS 40

35Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.

EKSODUS 40:35AFR83Maak oop in die Bybelleser

GALASIËRS 4

4Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe

GALASIËRS 4:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wanneer dit by die oorsprong van Kersfees kom, moet ons probeer om ten minste die kennis wat ons daaroor uit die Woord kry, te onderskei van tydgeheiligde waarhede of sentimentele tradisies. Die drie sterrewiggelaars uit die Ooste was nie by Christus se geboorte in die stal soos al die kerskaartjies ons probeer wysmaak nie. Al was hulle daar het ons nie hulle name geken nie. En as diere teenwoordig was by die geboorte en dalk eerbiedig gebulk het was dit nie omdat hulle enige insig gehad het in wie die kind was en wat sy sending op aarde is nie, maar bloot omdat hulle gedoen het wat diere doen. Die verhaal wat Matteus en Lukas vertel verskil hemelsbreed van mekaar en Markus maak geen melding van hierdie buitengewone gebeurtenis nie.

So wat kan ons glo as waar en eg oor Christus se geboorte?

Eerstens dat dit nie ʼn onverwagte gebeurtenis was nie. Verskeie Ou Testamentiese profesieë voorspel die geboorte van die Messias, die Gesalfde, wat sou kom om die volk van God te red. Dit word deur die meeste gelowiges aanvaar dat Jesus Christus gebore is uit die maagd Maria in vervulling van die profeet Jesaja se voorspellings in Jesaja 7:14. Vanuit ʼn meer teologies beskrywende oogpunt sê Johannes dat die ewige en die goddelike woord vlees geword het en dat God dus by die mensdom sy “tent opgeslaan het”. Die leer van die inkarnasie of vleeswording beteken dat die tweede persoon in die Drie-eenheid die gestalte van ʼn mens aangeneem het en onder ons kom woon het. Jesus is dus volmaak goddelik sowel as menslik sonder om sy goddelikheid prys te gee of sy menslikheid op te offer.

Hoekom het God mens geword? Om tot die redding van die mensdom te kom en om as Koning oor hulle te heers. So het Hy die belofte van die langverwagte koning vervul. In sy rol as Heer en Koning onthul Hy God aan die mens. Dit, in kort, is waaroor Kersfees gaan. Vier dit vanjaar in die vreugde van jou Redder en Heer!

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS