Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 22

Ondersteuning deur God

Bybelteks(te)

2God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;

Hy was nog altyd bereid om te help in nood.

3Daarom is ons nie bang nie,

al gee die aarde pad,

al skuif die berge tot in die dieptes van die see,

4al druis en skuim die waters van die see,

al skud die berge deur sy onstuimigheid. Sela

PSALMS 46:2-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Die Here, die Almagtige, is by ons,

die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela

11Bedaar en erken dat Ek God is,

hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.

12Die Here, die Almagtige, is by ons,

die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela

PSALMS 46:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke.

Die Here sal hom red op die dag van nood,

3die Here sal hom beskerm en in die lewe hou;

die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan.

U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie.

4Die Here sal hom bystaan in sy siekte.

As hy siek is, sal U hom genees.

PSALMS 41:2-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Hy het gesê:

Ek het U baie lief, Here, my Sterkte.

3Die Here is my rots, my skuilplek en my redder,

my God, my rots, by wie ek skuil,

my skild en sterk verlosser, my veilige vesting.

PSALMS 18:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

29U, Here, laat my lamp helder skyn;

my God gee lig as dit donker is om my.

30Met u hulp loop ek 'n oormag storm,

met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.

31Wat God doen, is volmaak;

wat die Here sê, is suiwer.

Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.

32Waarlik, wie anders as die Here is God?

Ja, wie anders as ons God is 'n rots?

PSALMS 18:29-32AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS