Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 18

Moedeloosheid of terneergedruktheid

Bybelteks(te)

2My God, my God, waarom het U my verlaat

en bly U ver as ek om hulp roep?

3My God, ek roep bedags en U antwoord nie,

ook snags, maar ek kry geen rus nie.

PSALMS 22:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Op U het ons voorvaders vertrou.

Hulle het vertrou en U het hulle gered.

6Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry;

op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.

PSALMS 22:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

25Die nood van die hulpelose

het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie,

Hom daarvan nie teruggetrek nie,

maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor.

PSALMS 22:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Red my, o God, want die water het

tot by my keel gekom.

3Ek het weggesak in diep modder

waarin ek nie kan staan nie.

Ek het in diep waters beland

waarin die stroom my meegesleur het.

4Ek het my moeg geroep om hulp,

my keel is hees geroep,

selfs my oë het ingegee soos ek vir my God gewag het.

PSALMS 69:2-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

30Ek is 'n hulpelose mens, vol pyn,

maar U, o God, sal my red en my beskerm.

31Dan sal ek die Naam van God besing,

Hom met 'n danklied prys.

32So 'n offer is vir die Here verkiesliker

as selfs 'n volmaakte offerdier.

33Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees,

dié wat by God hulp soek, sal moed skep,

34want die Here slaan ag op die armes,

Hy vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie.

PSALMS 69:30-34AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Wees my genadig, Here, want ek is in die nood;

van verdriet het my oë swak geword,

ja, alles in my.

11My lewe vergaan van kommer

en my jare van swaarkry;

deur my ellende word my krag geknak

en teer my liggaam uit.

12Ek is die spot van al my teëstanders,

veral van my bure,

'n verskrikking vir al my bekendes.

Dié wat my op straat sien, vlug vir my.

13Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is,

ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.

14Ek hoor dreigemente van baie;

dit dreig van alle kante af.

Baie span teen my saam

en smee planne om my lewe te neem.

PSALMS 31:10-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek wag op die Here

1'n Pelgrimslied.

Uit die dieptes roep ek na U, Here,

2luister tog na my, Here,

hoor tog my hulpgeroep.

3As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here,

wie sou dan nog bestaan?

4Maar by U ís daar vergifnis:

daarom word U steeds gedien.

5Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom,

ek wag op die vervulling van sy woord.

6Ek wag op die Here

meer as wat die wagte op die môre wag,

wagte op die môre.

7Wag op die Here, Israel,

want by die Here is daar troue liefde,

by Hom is die verlossing seker.

8Hy alleen sal Israel verlos

van al sy sondes.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS