Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 10

Gehoorsaamheid

Bybelteks(te)

33Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer,

sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.

34Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam

en dit met my hele hart kan onderhou.

PSALMS 119:33-34AFR83Maak oop in die Bybelleser

129U verordeninge is wonderlik,

daarom kom ek hulle na.

130Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig;

dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

131Met my hele wese smag ek na u gebooie,

verlang ek daarna.

132Sien my in genade aan

soos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet.

133Laat u woord my op die regte pad hou;

moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.

PSALMS 119:129-133AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart,

laat my nie afwyk van u gebooie nie.

11Aan u beloftes hou ek vas,

dit weerhou my van sonde teen U.

PSALMS 119:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS