Bible Society of South Africa
Gawie van Jaarsveld

Vriendelike Filippense – Dag 3

Blydskap in verhoudings

Bybelteks(te)

Die sending van Timoteus en Epafroditos

19Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor het hoe dit met julle gaan. 20Ek het trouens niemand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie. 21Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. 22Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien. 23Ek hoop om hom dadelik te stuur, sodra ek gesien het hoe my sake verloop. 24En ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook gou na julle toe sal kan kom.

25Ek ag dit noodsaaklik om die broer Epafroditos, my medewerker en medestryder wat deur julle hierheen gestuur is om my in my omstandighede by te staan, na julle toe terug te stuur. 26Hy verlang gedurig na julle almal en bly hom daaroor kwel dat julle van sy siekte gehoor het. 27Hy was ook inderdaad doodsiek, maar God het Hom oor Epafroditos ontferm, en nie net oor hom nie, maar ook oor my sodat ek nie verdriet op verdriet sou hê nie. 28Ek stuur hom dan nou ook so gou moontlik terug, sodat as julle hom weer sien, julle weer bly kan wees en ek minder besorg. 29Ontvang hom met oop arms as 'n broer in die Here, en bejeën manne soos hy met agting, 30want deur sy werk vir Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my die hulp te verleen wat julle self nie kon gee nie.

FILIPPENSE 2:19-30AFR83Maak oop in die Bybelleser

• Watter vers of woord wil jy verder oor nadink?
• Wat let jy op in die verhoudings tussen Paulus, Timoteus en Epafroditos asook hulle verhouding met die gemeente van Filippi?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS