Bible Society of South Africa
Gawie van Jaarsveld

Vriendelike Filippense – Dag 1

Deur Gawie van Jaarsveld

Bybelteks(te)

4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.

FILIPPENSE 4:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Julle geloof is 'n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. 18Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees.

FILIPPENSE 2:17-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

ʼn Diepgewortelde blydskap of vreugde behoort die uitsonderlike eienskap van Christene te wees en hulle moenie so swaar deur hulle omstandighede beïnvloed word nie. Dit is nie maklik nie! En ja, ons weet die lewe is nie ʼn grap nie! Die lewe is moeilik en dikwels onregverdig. Maar, die rede vir Christene se blydskap is baie groter as hulle omstandighede! Paulus het dit eerstehands ervaar as gevangenis terwyl hy vanuit die tronk sy brief aan die Filippense geskryf het. Hy het selfs so ver gegaan om te sê dat die dood nie die ergste is wat met hom kan gebeur nie. Inteendeel, in die brief aan die Filippense sê hy dat hy daarna verlang om by Christus te wees, want dit is verreweg die beste ding wat met hom kan gebeur. Hy praat selfs oor die voorreg om ter wille van Christus te ly. Tog is daar ʼn gevoel van blydskap wat voortvloei uit die brief aan die Filippense wat ʼn mens sprakeloos laat. Dit is slegs moontlik wanneer ʼn mens ʼn lewende verhouding met Jesus Christus het.

Die brief aan die Filippense daag ons uit om met blydskap te lewe, ten spyte van al ons klagtes, bekommernisse, frustrasies en vrese.

Blydskap ondanks omstandighede

• Watter vers of woord wil jy verder oor nadink?
• Hoe het Paulus dit reggekry om met blydskap te lewe terwyl hy opgesluit was?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS