Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 51

Spreuke 10:6-7

Bybelteks(te)

6Die regverdige word geseën.

Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.

7Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort;

die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet.

SPREUKE 10:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer die regverdige met die goddelose. ’n Regverdige ontlok woorde van oorvloedige seën, maar tegelykertyd ook woorde van bedekte geweld. Die goddelose kan regverdiges eenvoudig nie verdra nie. Die belofte is egter dat ’n regverdige se nalatenskap ’n permanente seëning vir ander sal bly, maar dié van die goddelose genadiglik sal vergaan (verrot).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS