Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 49

Spreuke 10:3-4

Bybelteks(te)

3Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie,

die Here laat

die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie.

4'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm;

dit is vlyt wat ryk maak.

SPREUKE 10:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 3 beklemtoon dat die Here soos ’n voëlouer die bekke van sy kinders volmaak. Die regverdige kry nie te min nie, maar die goddelose se gulsigheid dwarsboom Hy. Vers 4 bevestig dat die wet van opbrengs op belegging ook hier geld. Traagheid lei tot armoede. Hardwerkendheid tot rykdom.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS