Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 305

Spreuke 26:24-26

Bybelteks(te)

24Iemand kan sy haat verbloem met wat hy sê,

maar binne hou hy by sy valsheid.

25As hy vriendelik praat, moet hom nie glo nie;

hy is vol bose bedoelings.

26Hy verberg sy haat agter 'n valse skyn,

maar van die onheil wat hy gaan doen, sal almal weet.

SPREUKE 26:24-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tema 12 – Skynheiligheid is dwaas en destruktief.

Vers 24. Wees versigtig vir mense wat skynheilig is in wat hulle sê, maar jou eintlik wil bedrieg. Vers 25. Jy is reg om mooi praatjies te wantrou, want dit verberg die diepste boosheid – “sewe afskuwelikhede in sy hart.” Vers 27. Almal kom uiteindelik die bose bedoelings van skynheiliges agter. Moet dus nie net versigtig wees vir skynheilige mense nie. Waak daarteen dat jyself skynheilig optree.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS