Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 242
Spreuke 22:10-12
Bybelteks(te)
SPREUKE 22
Vers 10. Harmonie word herstel wanneer respekloses – ligsinnige spotters – in die pad gesteek word. Dit bring die getwis en beledigings tot ’n end. Vers 11. Hy wat reinheid van hart liefhet en sorg dat sy woorde vriendelik is – die koning is sy vriend. Die punt is, selfs konings hou van opregte aangename mense. Skynheiligheid is vir hulle ’n bedreiging. Vers 12. Die Here hou sy oë oor die behoud van kennis, en dwarsboom die woorde van verraaiers. Dit wil sê, God sorg self vir die behoud van die wysheid, wanneer onbetroubare mense dit bedreig. Dit is ‘n groot belofte om aan vas te klou!