Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 156

Spreuke 16:21-23

Bybelteks(te)

21'n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem,

en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.

22Insig is 'n bron van lewe vir wie dit het;

onderrig deur dwase bly dwaasheid.

23'n Wyse mens praat verstandig

en kies sy woorde so dat hy ander kan leer.

SPREUKE 16:21-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 21 en 23 gaan oor die bekoring en sjarme van wysheid. Vers 21. Die wyse van hart (dit is die sentrum van jou gedagtes volgens die OT) raak bekend vir sy oordeelkundige waarneming. “Soetheid van lippe” (iemand wat sy woorde sorgvuldig kies) bevorder die oorredende impak van sy woorde. Vers 23. Dit is die hart van ‘n wyse wat wyse woorde voortbring en só ‘n impak op die hoorders het. Vers 22 gaan oor die impak van wysheid op die wyse self. 1983-vertaling vertaal uitstekend: “Insig is ‘n bron van lewe vir die wat dit besit. Onderrig deur dwase bly dwaasheid.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS