Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 155

Spreuke 16:19-20

Bybelteks(te)

19Liewer eenvoud saam met nederiges

as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.

20Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet;

wie op die Here vertrou,

met hom gaan dit goed.

SPREUKE 16:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 19. Dit is beter om arm te wees weens jou nederigheid as om ryk te wees saam met die hoogmoediges wat ander beroof. Nederigheid beteken in wese om jou aan God se Woord te onderwerp, soos vers 20 uitspel. Vers 20. Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind wat God gee. Dié wat op die Here en sy beloftes vertrou, sal geluk vind. Die boosheid van hoogmoed lê in die oortreding van die eerste beginsel van wysheid – om die Here te vrees – sowel as die dubbele liefdesgebod – om God bó alles lief te hê en daarom jou naaste soos jouself. “The proud man is therefore at odds with himself, his neighbour, and the Lord.” (Kidner).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS