Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 153

Spreuke 16:16-17

Bybelteks(te)

16Probeer liewer wysheid bekom as goud,

liewer insig as silwer.

17Opregte mense vermy die kwaad op hulle lewensweg;

wie nougeset lewe, hou homself in die lewe.

SPREUKE 16:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die res van hoofstuk 16 het ’n hele aantal meer losstaande spreuke, wat tog oorhoofs kan inskakel by die tema wat in vers 16 ingelei word: wysheid is beter as welvaart.

Vers 16. Fokus op wysheid eerder as op welvaart. Wysheid is beter as goud. Insig is beter as silwer. Vers 17. Opregtheid en oplettendheid lei tot die lewe. Om die kwaad te vermy, is soos om op ‘n goed geboude pad te ry, eerder as op ‘n pad vol slaggate en dongas. Dit beskerm jou lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS