Bible Society of South Africa

Oorlog en vrede – Dag 1

Hoop en vertroosting

Bybelteks(te)

PSALMS 91

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

1Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,

2hy sê vir die Here:

“U is my toevlug en my veilige vesting,

my God op wie ek vertrou.”

3Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou

en jou bewaar van dodelike siekte.

4Hy beskut jou onder sy vleuels

en is vir jou 'n veilige skuilplek.

Sy trou beskerm jou aan alle kante.

5Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag

of vir aanvalle oordag,

6vir pes wat in die donker toeslaan

of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

7Al val daar duisende langs jou,

tienduisende by jou,

vir jou sal niks tref nie.

8Met jou eie oë sal jy sien

hoe die goddelose gestraf word.

9Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,

die Allerhoogste as jou beskermer,

10sal geen onheil jou tref

en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

11Hy sal sy engele opdrag gee

om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

12Op hulle hande sal hulle jou dra,

sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

13Jy sal oor leeus en adders loop,

leeus en slange sal jy doodtrap.

14“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here,

“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

15Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;

in sy nood sal Ek by hom wees,

Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

16'n Baie lang lewe sal Ek hom gee

en oor my hulp sal hy hom verbly.”

PSALMS 91:1-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Psalm 91 kan ʼn bron van hoop wees. In hierdie psalm word God beskryf as die almagtige beskermer wat jou teen alle onheil beskerm. Maar Hy beskerm jou nie net nie, Hy bevry jou ook van die kwaad. Die vyand verteenwoordig boosheid vir burgerlikes of soldate in oorlog. Of die oorlog self kan as boos beskou word. God beskerm en verlos jou egter van die euwels van oorlog en geweld. God is altyd by jou. Dit help jou om vertroosting te vind in moeilike tye.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS