Bible Society of South Africa
Frank Retief

Onthou sy krag en goedheid – Dag 9

Aanvaar Christus

Bybelteks(te)

SPREUKE 3

5Vertrou volkome op die Here

en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

6Ken Hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop.

SPREUKE 3:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

SPREUKE 14

12Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,

maar die uiteinde daarvan is die dood.

SPREUKE 14:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Daar is twee lewensbeskouings waarvan ons moet kies – ons manier van doen en God se manier van doen. Ons as mense neig daarna om eerder self ʼn opinie oor dinge te vorm en dan tree ons daarvolgens op. Maar, heel dikwels is ons oordeel verkeerd. In Spreuke 14:12 lees ons: “Daar is ʼn lewenswyse wat vir ʼn mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood.”

Dit is baie beter om op die Here te vertrou en nie op ons eie insigte staat te maak nie. Ons eie lewensbeskouings laat ons dikwels verkeerde opinies vorm oor mense, omstandighede, die lewe oor die algemeen, en die gevaarlikste van alles, oor hoe om in die hemel te kom. As ons aan ons eie insigte oorgelaat word, begin ons onvermydelik dink dat ons dit in ons eie krag kan maak. Of ons is van mening dat dit nie regtig saak maak nie want alle paaie lei uiteindelik na God! Op die dag van afrekening sal ons as dwase uitgewys word. Die oordeel van God sal bewys dat ons op ons eie insigte staat gemaak het eerder as om op Hom te vertrou.

Dit is baie beter om Hom in alles wat jy doen te ken. Wat beteken dit en wat moet ons nou eintlik doen? Wel, dit beteken dat ons moet ophou om in die lewe te maak soos ons wil, ons moet ons laat bekeer en ons to Hom wend en sy lewensbeskouing aanvaar. In die oë van God is ons almal sondaars wat ʼn Verlosser nodig het en Hy het so ʼn Verlosser voorsien. Indien ons aan ons self oorgelaat word, gaan ons onvermydelik verkeerde besluite neem – so Hy het nie net aan ons ʼn Verlosser gegee nie, maar ook sy woord as ʼn lamp vir ons voet en ʼn lig vir ons pad. Om Hom te aanvaar beteken dus dat ons sy menings en insigte oor alles aanvaar. In al ons besluite moet ons eers bepaal wat die meeste vreugde aan Hom sal bring. Wat weerspieël sy wysheid, liefde en deernis die beste? Wat bring die meeste eer aan Hom? Dan kan ons daarvolgens optree. Dit is waar dat dit verwarring kan veroorsaak en selfs vir mense aanstoot kan gee wanneer ons besluite neem op grond van ons verhouding met God, eerder as op ander dinge. Maar die Skrifgedeelte sê verder: “Hy sal jou die regte pad laat loop”. Met ander woorde, dit maak nie saak hoeveel teenkanting jy kry of hoeveel mense met jou spot nie, jy sal uiteindelik volkome in die gelyk gestel word. Jou pad sal die regte pad wees sonder probleme, onmin of skuldgevoelens soos die geval is met diegene wat nie tyd vir Christus en sy lewensbeskouing het nie.

Die belangrikste van alles is dat wanneer ons Hom aanvaar, aanvaar ons ook dat Hy sy Seun na die hoogste waarde ag en ons sal Jesus as ons enigste Verlosser aanvaar en ook as die Een wat ons veilig op die regte pad sal lei.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS