Nuwe begin – dag 12
Nuwe begin … sonder vrees
Bybelteks(te)
PSALMS 27
Die Here is my lig en my redder
JESAJA 35
JESAJA 41
MATTEUS 10
JOHANNES 14
- 1.Dít is hoeveel dae in ʼn gewone jaar is. Dit is ook hoeveel keer in die Bybel geskryf staan: “Moenie vrees nie” of “moenie bang wees nie”.
Ervaar jy vandag vrees wat dreig om jou te oorweldig? Vrees jy dat jou huwelik in ʼn egskeiding gaan eindig, dat jy by die werk afgelê gaan word of dat jy teen die einde van die maand nie jou rekeninge sal kan betaal nie? Luister dan na vyf van die 365 teksverse wat jou staande kan hou:
Psalm 27:1: “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?” Jesaja 35:4: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier … God kom julle red!” Jesaja 41:10: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.” Matteus 10:31: “Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Johannes 14:27: “Vrede laat Ek [Jesus] vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”
God is elke dag van die jaar by jou om jou deur enige krisis te dra. Hy het reeds oplossings vir uitdagings wat jy nog nie eens in die gesig gestaar het nie. Hy kan ʼn deurbraak bewerkstellig in enige “onmoontlike” situasie. Al wat jy moet doen, is: “Moenie bang wees nie, moenie vrees nie!” Sterkte.