Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Nogtans – Dag 20

Nogtans sal ek my nie bekommer nie

Bybelteks(te)

PSALMS 37

5Laat jou lewe aan die Here oor

en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

JEREMIA 32

27Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?

JEREMIA 32:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

FILIPPENSE 4

6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

FILIPPENSE 4:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vandag wil ek iets anders doen. Ek gaan drie teksverse gee en een “opdrag”:

Psalm 37:5: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Jeremia 32:27: “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?”

Filippense 4:6-7: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Die opdrag:
Lees weer deur bogenoemde teksverse. Kies ten minste een wat vir jou uitstaan en skryf dit op ʼn stukkie papier of tik dit in jou selfoon se notas. Vra nou die Heilige Gees om aan jou te wys hoe hierdie belofte van God van toepassing is op jou lewe. Lees dit ʼn paar keer deur die dag en dink daaroor na.

God se Woord is lewend en kragtig. Kom ons bêre dit in ons harte en dink gereeld daaroor. Dit mag dalk net die las op ons skouers heelwat ligter maak. Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS