Bible Society of South Africa

'n Onvergeetlike Reis – Dag 5

Nederigheid en Vreugde

Bybelteks(te)

Wees nederig

5En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.”

6Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.

1 PETRUS 5:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Dan sal die jong meisies dans van blydskap

saam met die jong mans en die ou mans.

Ek sal hulle droefheid in vreugde verander,

Ek sal vir hulle uitkoms gee:

Ek sal hulle bly maak,

hulle sal geen kommer meer hê nie.

JEREMIA 31:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Wees altyd bly.

1 TESSALONISENSE 5:16AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS