Bible Society of South Africa

'n Onvergeetlike Reis – Dag 4

Geluk, Gesondheid en Hoop

Bybelteks(te)

14Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.

PREDIKER 7:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Blydskap laat 'n mens se gesig straal;

smart maak 'n mens terneergedruk.

SPREUKE 15:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

24Dit is die dag wat die Here gemaak het;

laat ons daaroor juig en bly wees.

PSALMS 118:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

18“Die Gees van die Here is op My

omdat Hy My gesalf het

om die evangelie aan armes te verkondig.

Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,

19om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

LUKAS 4:18-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

114By U skuil ek, U beskerm my,

in u woord stel ek my vertroue.

PSALMS 119:114AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

ROMEINE 15:13AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS