Bible Society of South Africa

'n Onvergeetlike Reis – Dag 2

Vergifnis

Bybelteks(te)

U het my skuld vergewe

1'n Gedig van Dawid.

Dit gaan goed met die mens

wie se oortredings nie gestraf word nie,

wie se sonde vergewe word.

2Dit gaan goed met die mens

vir wie die Here die oortreding nie toereken nie

en in wie se gees daar geen valsheid is nie.

3Toe ek oor my sonde geswyg het,

het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.

4U hand het dag en nag swaar op my gedruk,

my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela

5Toe het ek my sonde bely,

my oortreding nie weggesteek nie.

Ek het gesê:

“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”

en U het my skuld vergewe. Sela

PSALMS 32:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die plig om te vergewe

21Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.

MATTEUS 18:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

1 JOHANNES 1:9AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

KOLOSSENSE 3:13AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS