Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Mense betrokke by die geboorte van Jesus – Dag 5

Josef

Bybelteks(te)

MATTEUS 1

Die geboorte van Jesus Christus

18Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.

Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. 19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.

MATTEUS 1:18-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons is geneig om baie meer oor Maria as oor Josef te praat. Hy is, na alles, nie Jesus se biologiese pa nie, en daarom dink ons partykeer aan hom bloot as die man wat seker gemaak het hulle het ʼn veilige reis na Betlehem.

Matteus se weergawe van die geboorte sluit ʼn deel in wat ons ʼn kykie gee op hoe Josef miskien daardie eerste Kersfees ervaar het. Ons het hier te make met ʼn man wie se verloofde hom vertel het dat sy swanger is. Verder vertel sy Hom dat die swangerskap van die Heilige Gees kom. Die mense van die eerste-eeuse Palestina het net so goed soos ons geweet hoe babas gemaak word, en Josef het nie haar storie geglo nie. Sou jy haar geglo het?

Ek stel my voor hoe Josef in die nag wakker lê, sy hart is gebreek, hy is kwaad en probeer om sy opsies te oorweeg. Alles in ag geneem, het Josef alle reg gehad om van haar te skei. Die Joodse owerhede kon haar gestenig het (Deuteronomium 22:23-24). Josef moes Maria baie liefgehad het, want hy besluit om die verlowing stilweg te verbreek sodat sy nie in die skande gesteek word nie.

Maar dan verskyn God op die toneel. Toe ʼn engel van die Here in ʼn droom aan Josef verskyn en aan hom vertel wie Jesus is, twyfel hy nie een oomblik nie; hy verander sy plan en trou met Maria (Matteus 1:21). Maria het met sekerheid geweet, maar Josef het met slegs die droom en Maria se woord, die onmoontlike geglo.

Josef leer ons om vas te staan wanneer dinge moeilik raak en om in geloof gehoorsaam te wees selfs wanneer ons nie verstaan nie. Hy wys ons dat ons in geloof moet voortgaan selfs wanneer dit makliker sal wees om ons eie kop te volg.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS