Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Maak ʼn verskil – Dag 3

Maak ʼn verskil deur ʼn lewende hoop

Bybelteks(te)

1 PETRUS 1

Die lewende hoop en die egte geloof

3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop 4op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.

1 PETRUS 1:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

SPREUKE 13

12'n Verwagting wat nie uitkom nie, maak 'n mens mismoedig;

'n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe.

SPREUKE 13:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

“(…) In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ʼn lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.” 1 Petrus 1:3-4

Hoop is ʼn dinamiese krag in elke mens. Dit is ʼn sterk emosie wat ons almal affekteer. Oppervlakkig kan dit gesien word as ʼn optimistiese verwagting wat verband hou met die weer, die verkeer, die voltooiing van ʼn taak, of om ʼn vriend vir koffie te ontmoet. Maar op ʼn dieper vlak is dit ʼn krag wat jou deur moeilike tye kan dra. Dit help jou om aan te gaan al skreeu almal: “gee op!”

Petrus verwys na ʼn lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Dit het te make met wie jou vader is. Jou aardse vader is een van die belangrikste mense in jou lewe en jy het baie ding van hom geërf, maar ongelukkig is hy sterflik en daarom is alles tydelik. Wat jy van hom geërf het sal nie vir altyd behoue bly nie en mag ook nie altyd vir jou geluk bring nie.

Maar wanneer God jou Vader is deur Jesus se offer aan die kruis om ons almal se sonde te vergewe, verander jou status vir altyd en word jou lewe verander. Jou erfenis is nie langer iets tasbaar en beperk nie – dit is buitengewoon en is onverganklik onbesmet en onverwelklik. En dit word boonop vir jou in die hemel in bewaring gehou. Jou veranderde status gee vir jou die krag om ʼn verskil in hierdie wêreld te maak en uit te reik na diegene wat nog nie hierdie lewende hoop het nie.

Mense benodig almal hierdie lewende hoop; mense het jou nodig om ʼn verskil te maak. In Spreuke 13:12 lees ons: “ʼn Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ʼn wens wat uitkom, is ʼn lewensboom.” Wanneer iemand hoop verloor omdat daar nie in ʼn sekere behoefte voorsien word nie, word hy siek en verloor sy blydskap, maar wanneer die behoefte beantwoord word, verander die persoon en word sterk.

Het jy al ooit die effek van hoop gesien op ʼn paartjie wat huweliksprobleme het; of op ʼn vrou wat sukkel om swanger te raak; of op ʼn persoon wat wag op die uitslag van toetse wanneer die gevolg ʼn lewensgevaarlike siekte is; of op die moeder wat te voet met haar kinders uit haar oorloggeteisterde land vlug; of op die man wat in die asdrom na kos soek? Ons moet ʼn verskil maak.

Sal jy ʼn verskil maak?

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS