Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Leef gelukkig … vandag – dag 22

Leef gelukkig … vandag (die slot)

Bybelteks(te)

FILIPPENSE 3

13Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

15Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.

FILIPPENSE 3:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 5

23“As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, 24laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.

MATTEUS 5:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 37

5Laat jou lewe aan die Here oor

en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

PSALMS 112

Die regverdige sal nooit wankel nie

1Prys die Here!

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien,

wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here.

2Sy nageslag is 'n sterk krag in die land,

die geslag van die opregte word geseën:

PSALMS 112:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 147

3Hy genees die gebrokenes van hart

en verbind hulle wonde.

PSALMS 147:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

2 KORINTIËRS 12

9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

2 KORINTIËRS 12:9AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 25

40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

MATTEUS 25:40AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 5

9Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

[TEN SLOTTE: Ek waardeer elke e-pos wat ek ontvang. Dit bly vir my ʼn groot voorreg om te sien waar die Heilige Gees besig is om lewens te verander en mense nader aan God te trek. Ek sluit die tema af met ʼn samevattende terugblik oor ʼn paar van die temas wat ons in die reeks bespreek het. Ek hoop dit help jou om voortaan elke dag gelukkig te leef! Groete, Benescke]

Daar is drie tipes mense: ʼn Gister-mens wat aan die verlede vasklem, ʼn môre-mens wat hoofsaaklik op die toekoms fokus en vandag-mense wat bewus is van hulle teleurstellings en foute uit die verlede, maar hulle nie daardeur gevange laat hou nie. Vandag-mense leef elke dag gelukkig omdat hulle besef dat as die dag verby is, hulle dit nooit weer sal terugkry nie.

Hoe word ons vandag-mense? In Filippense 3:13-15 gee Paulus die antwoord: “Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.”

Hier is ʼn paar beginsels om vandag gelukkig te leef:

LEEF GELUKKIG SONDER VERSPERRINGS:

  • In Matteus 5:23-24 sê Jesus: “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.”

LEEF GELUKKIG SONDER BEKOMMERNISSE EN VREES:

  • In Psalm 37:5 lees ons: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

LEEF GELUKKIG EN GEHOORSAAM AAN GOD:

  • In Psalm 112:1-2 skryf die psalmdigter: Dit gaan goed met iemand wat die Here dien en wat baie lief is om te doen wat die Here sê. Sy nageslag sal belangrike mense wees in die land.”

LEEF GELUKKIG, AL IS JOU HART GEBROKE:

  • In Psalm 147:3 lees ons: “Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.”

LEEF GELUKKIG TE MIDDE VAN MOEILIKE TYE:

  • In 2 Korintiërs 12:9 skryf Paulus dat hy God drie keer gevra het om ʼn doring in sy vlees weg te neem. God se antwoord was egter: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”

LEEF GELUKKIG DEUR NA ANDER UIT TE REIK:

  • In Matteus 25:40 sê Jesus: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”

LEEF GELUKKIG AS ’N VREDEMAKER:

  • In Matteus 5:9 sê Jesus: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”

Kom ons leer uit die verlede en beplan vir die toekoms, maar kies om vandag gelukkig te leef deur elke geleentheid wat ons pad kruis om iemand anders se lewe beter te maak, aan te gryp. Só leef ons immer gelukkig, vandag. Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS