Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 20

Immanuel

Bybelteks(te)

JESAJA 7

14Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

JOHANNES 1

14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 1

23“Die maagd sal swanger word

en 'n Seun in die wêreld bring,

en hulle sal Hom Immanuel noem.”

Die naam beteken God by ons.

MATTEUS 1:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Die Here sal daarom self vir julle ʼn teken gee: ʼn Jong vrou sal swanger word en ʼn seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.” (Jesaja 7:14)

Immanuel, wat beteken “God met ons”, is vir ons sinoniem met die boodskap van Kersfees. In Johannes 1:14 staan: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon”. God neem die inisiatief om die verhouding tussen Hom en sy kinders te herstel. Hy reik as’t ware uit na die mensdom en buk af om by ons te wees. Hy word mens om Homself met ons te vereenselwig.

In hierdie Naam Immanuel lê die grootste genade van alles! God besluit om met ons bemoeienis te maak. Hy besluit om ons nog ʼn kans te gee. Wat ʼn genade!

Simon Tugwell skryf: “God is die Een wat ons agtervolg. Hy soek óns. Ons hoop lê in sy vasberadenheid om ons te red. Hy sal nie ingee nie.” Ons kan staatmaak op God wat nooit tou opgooi met ons nie.

Die Engelse digter Francis Thompson beskryf in sy bekende gedig “The Hound of Heaven” hoe ʼn jakkals onverpoos op ʼn haas se spoor bly en nooit moeg word om te soek nie en stel dit gelyk aan God wat in sy heilige genade die vlugtende siel bly volg totdat hy na God draai.

Hierdie beeld vul my met soveel troos en hoop, want daar is hoeveel tye in my lewe wat ek kan herroep wat ek God se teenwoordigheid nie doelbewus gesoek het nie, tye toe ek God eerder probeer ontvlug het, of nonchalant my eie ding gedoen het.

“ ‘Die maagd sal swanger word en ʼn Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.’ Die naam beteken God by ons.” (Matteus 1:23)

God is by ons. Hy waak jaloers oor sy kinders. Wat ʼn genade!

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS