Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 30

Blik op die ewigheid

Bybelteks(te)

Die nuwe hemel en die nuwe aarde

1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is.

3Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”

En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”

6Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.

DIE OPENBARING 21:1-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die hoop wat die Woord van God ons bied, verskil van enige ander hoop omdat dit ewig is. As versorgers moet ons ons werk in ’n ewigheidslig sien om die ware betekenis daarvan te begryp.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS