Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 1

Versorging as ’n roeping

Bybelteks(te)

Eer in plaas van smart

1Die Gees van die Here my God het oor my gekom;

die Here het my gesalf

om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood,

Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur,

om vir die gevangenes vrylating aan te kondig,

vryheid vir dié wat opgesluit is,

2om aan te kondig dat die tyd gekom het

waarop die Here genade betoon,

die dag waarop ons God sy vyande straf

maar almal wat treur, vertroos,

3die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur,

eer gee in plaas van smart,

vreugde in plaas van droefheid,

blydskap in plaas van hartseer.

Hulle sal genoem word: Bome van Redding.

Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.

4Hulle sal die eeue-oue puinhope opbou,

plekke herbou wat lankal verlate lê,

hulle sal verwoeste stede weer opbou,

plekke wat geslagte lank verlate lê.

JESAJA 61:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.

GALASIËRS 6:2AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS